Die bemarkingsgroep in 'n neutedop

Ek het al presentasions en videos gemaak, 'n demo admin panel en magdom artikels geskryf en hele websites daarom gebou meer maar mense lees dit nie so ek som dit nou

Die bemarkingsgroep in 'n neutedop

Ek het al presentasions en videos gemaak, 'n demo admin panel en magdom artikels geskryf en hele websites daarom gebou meer maar mense lees dit nie so ek som dit nou kortliks en eenvoudig op as moontlik in telegramstyl.

Agtergrond

  • 10+ jaar gelede rekenaars verkoop en sonder geld vir advertensies op SEO (search engine optimisation) en eie bemarkingsgroep begin fokus.
  • Baie websites Nr1 ranking of minstens 1ste tot 2de bladsy op Ananzi en Google.
  • Bemarkingswebsites is ‘n numbers game met content, ‘n versameling van data en sluit dus artikels, classified en enige “listings” in.
  • Alleen is dit amper onmoontlik om teen groot plekke mee te ding so die oplossing is “gratis” en "eendrag maak mag" net soos Facebook, Google, Twitter ens ook gratis is en staatmaak op samewerking van gebruikers.
  • Oor jare getoets en herbou aan baie verskillende dinge en in stadium meer as 1 miljoen hits per maand gekry en dit het my besigheidsinkomste opgestoot sonder sent aan advertering of veel moeite (die groep het die werk gedoen)

Web Hosting

  • Van ISP na ISP met 80 + websites maar altyd die of daardie probleem, nie reg configureer nie, het nie dit of dat nie, beperk dit of dat of performance issues met teveel kliente op een server.
  • Self my eie server gekoop en begin host en ook vir kliente aangebied en van daardie kliente host na 10 jaar nog by my so dit se BAIE van hoe goed die hosting is.
  • Hosting was en is steeds hoofbron van inkomste en dek die koste van bemarkingswebsites (in stadium 300).
  • Prys gewys is daar goedkoper pakkette ja, maar alles in ag genome bied die hosting UITSTEKENDE waarde vir geld sonder die foefies en tricks en ekstra betaal vir dit en dat en loop feitlik 99.9% van tyd teen optimale werkverrigtinge.
  • Die hosting is beide ‘n inkomste- sowel as hulpbron want kan daardeur servers configureer soos geen ISP kan/sal doen nie en soveel bemarkingswebsites skep as wat nodig is.

Bemarkingsgroep

  • Met al die ondervinding is die bemarkingsgroep herbou met die volgende doelwitte,
  • Om alles onder EEN STELSEL saam te vat om in en uitlog by magdom websites uit te skakel, beheer en outomatisering te vergemaklik en tydrowende duplisering uit te skakel.
  • Om die “sukses” te dupliseer sodat ELKE klient presies dieselfde stelsel en groep kan gebruik as sy/haar eie bemarkingsgroep.
  • Om deur samewerking en Eendrag Maak Mag ‘n massiewe alternatiewe bemarkingsgroep daar te stel tot voordeel van elke lid gesamentlik en afsonderlik.
  • Mettertyd kommersiele adverteerders te kry en daardie “inkomste” terug te ploeg in eksterne bemarking, en om deskundiges op verskillende gebiede te kry om deur raad, implementering van dinge en watookal, lede op talle gebiede te help.
  • Daar is tans slegs sowat 50+ bemarkingswebsites maar dit sal mettertyd meer en meer word soos wat kliente en content meer word.

Gratis Bemarking Websites

  • Websites op sigself bied beperkte waarde sonder content wat besoekers lok en omskakel in kliente.
  • Statiese websites (waarvan files individueel per hand verander) maak toevoeging van content, sowel as gebruik daarvan elders baie moeilik.
  • So ek het begin om dynamiese webwerwe te ontwikkel waar die content alles op die een stelsel se databases is, wat dus outomasie, verandering, uitbreiding en integrasie met feitlik enige bemarkingswebsite kinderspeletjies maak.
  • Met statiese webwerwe is daar meer geld in ja maar ook meer werk en een mens kan NET soveel doen, terwyl dynamiese webwerwe bitter min tyd benodig omdat elke klient sy eie website en alles hanteer en dus 100x meer kliente hanteer kan word.
  • Met outomatisering en so aan kan ek ook byvoorbeeld verbeterings aan bv. SEO tegnieke aanbring en sodanige veranderings sal outomaties of met minimale werk op alle websites geimplementeer word tot voordeel van almal.
  • Meer website templates en funksies sal bygevoeg word maar op die oomblik maak dit nie sin om NOG maande te spandeer om dinge te verbeter nie en moet kliente en inkomste eers opgaan.

Lae Koste Websites

  • Die gratis bemarkingswebsites is presies dit, dit fokus op BEMARKING en nie skoonheidskompetisies nie.
  • Die lae-koste websites dien dus om hierdie leemte te vul en word as besigheidswebsites beskou en ontwerp en is meer besigheidsgeorienteerd.
  • Dit benodig baie werk om ‘n website / template in dynamiese website om te skakel en die integrasie met die stelsel te doen en moet met elke individuele website gedoen word.
  • Die ideaal is dat elkeen sy/haar eie website(s) dan verder bou en hanteer want dit is tog immers die eienaar wat die meeste van sy/haar besigheid weet en ek het dit so maklik as moontlik gemaak.
  • Mense probeer egter nie eens nie of het nie tyd nie, so die alternatief is die volgende

Samewerking

  • Soos gese is alles op samewerking en eendrag maak mag gebou en met die groot hoeveelheid werkloses (of selfs besighede) kan talle mense hulle dienste aanbied en integreer om besighede te help met die bou en onderhoud van hulle website(s) en bemarking.
  • Dieselfde geld vir talle ander dienste soos logo, banner ads en advertensies ontwerp (ek grr daaroor), skryf van content, proeflees, facebook en ander bemarking.
  • ‘n Verreiste is lae-koste dienste en elkeen word direk deur klient betaal so dit is tot voordeel van almal.
  • Ek wil wel ‘n klein groepie mense maandeliks betaal om sekere dinge te hanteer en te doen tot voordeel van almal ja maar dit sal ook moet wag tot kliente en inkomste genoegsaam vermeerder het.

Oorhoofse Bemarkingsgroep Voorbeeld

  • Media maatskappy het dating site, 10 000 + lede x R115 pm = R1 150 000 inkomste pm.
  • Ek, enigiemand, kan presies dieselfde dating site opstel maar sonder die bemarkingskrag en geld, nerens kom nie.
  • Met eendrag maak mag konsep, word gratis lidmaatskap aangebied en lede versoek om die website te GEBRUIK deur volledige profiel te skep, met ander te kontak en dit onder vriende en familie te bemark, om ook dieselfde te doen.
  • Deur dit, al is die aanvanklike waarde min, word n sneeubal effek geskep wat meer en meer lede lok en die waarde meer en meer verhoog word tot dit ‘n gratis en gewilde dating website is wat maklik meer as 10 000 lede kan he.
  • Gratis, versus R115 pm, watter een sal wen as daardie “SAAMWERK konsep”, die website gebruik en bemark as jou eie, eers posgevat het?
  • Behalwe dat elkeen R115 pm spaar, kan enigeen ook GRATIS adverteer op die website en onder lede, iets wat maklik tien duisende sou kos op die media dating site.

Die Probleem

  • Besigheidseienaars wat innoverend behoort te wees, wat nie tyd of lus het te LEES wat is wat nie of nog nooit gehoor het van “I hear and I forget. I see and I remember. I do and I understand” nie.
  • Ekself wat nie die kommunikasie vermoe het om dit doeltreffend te verduidelik nie en inelkgeval glo in DOEN terwyl die hele konsep talle verskillende unieke en “anderse” dinge bevat wat buite die aanvaarde en normale betaal jou gat af opvattings val.
  • Verkeerde persepsie, perspektiewe en opvattings wat eintlik onlogies is as mens na die bree geheel en perspektief kyk maar mense is so gewoond om te dink soos hulle dink dat hulle nie maklik buite die boks kan dink nie, laat staan nog dink asof daar geen boks is nie.
  • Die potensiaal is geweldig maar 'n groot deel daarvan is nog nie geimplimenter nie en alles is nou in die loods stadium, maar wat verkies jy? Om deel te wees van die begin af en uit die groei en alles te baat, gratis, of dat soos normaalweg die geval is, 'n horende persoon dit vat, beleggers kry, groot geld daarin steek en jou dan maar soos gewoonlik deur jou nek laat betaal vir talle dinge?

Gedagte of Twee

  • Gratis = duurkoop ???? yes right, blok dan Google van index jou website, hou op Facebook gebruik en bied aan om te betaal vir al daardie gratis apps op jou foon.
  • Waarde ??? As dit R1000 pm was vir bemarking ja, maar genugtig dit is GRATIS so selfs net EEN klient oor ‘n jaar is 100% wins.
  • Maandelikse hosting ??? Enigste vaste koste maar dit vergelyk goed met enige ander hosting en jy spaar selfs of betaal dalk bietjie meer, maar kry MEER as wat ENIGE ISP kan aanbied.
  • In een geval wik en weeg iemand, ondanks die feit dat net EEN enkele klient wat die websites vir die besigheid inbring, reeds die maandelikse hosting met minstens 300% oorskrei en elke verdere nuwe klient 100% wins beteken.
  • So kan ek aan en aangaan maar onthou hierdie is maar die begin na jare se toets en suksesse en die waarde groei en vermeerder deurlopend dag na dag en veral as mense eers begin aansluit, meer content, samewerking en geld beskikbaar is en onthou alles word 100% daarop gefokus om JOU soveel moontlik te help en niemand sal DIT aanbied nie.

Opsomming

  • Ek is een mens met beperkte tyd en min geld en die nuwe groep is te groot vir my alleen so dit “backfire” effens met SEO en ‘n paar ander gebiede.
  • JY kry presies dieselfde toegang tot alles as ek, so GEBRUIK dit soveel as wat jy kan, neem “eienaarskap”, se my wat jy like of nie en wat jy wil he en ek sal dit verander of byvoeg want dit is netsoveel JOU bemarkingsgroep.
  • Dink net vir ‘n klein bietjie dat, as JY dit DOEN en ander aanmoedig om dieselfde te doen, hoeveel sal ons nie SAAM kan vermag nie en hoe waardevol sal alles nie vir JOU ook wees na ‘n paar maande, jaar of twee nie?
  • Onthou gerus ook dat feitlik ALLES daarop gemik is om eerstens JOU aanlyn besigheid te bou en sekonder die groep wat inelkgeval ook tot jou voordeel is.
  • (Facebook het 2 jaar gevat voor begin skyrocket het, maar hierdie is oor jare ontwikkel, en fokus op BEMARKING, iets wat elke besigheid nodig het en by kan baat)
  • JY kan trouens die bemarkingsgroep beter benut en meer waarde daaruit kry as EK self want ek is te besig met ontwikkeling, dit en dat en wat ek aanbied is moeiliker om te bemark, terwyl JY net op bemarking kan fokus van produkte en dienste wat mense ken en maklik verstaan.

“I hear and I forget. I see and I remember. I do and I understand”


Marketing Advice, Information and More

  • Educating Your Customers

    Educating Your Customers

    Do you think educating the customers about your products would really serve any purpose? How do you think educating your customers, about your products, would streamline your

  • Internet Marketing And Spam

    Internet Marketing And Spam

    Savvy business owners who take advantage of Internet marketing realize there is a fine line between marketing and spam and orchestrate their marketing campaigns to gain

  • Web Hosting Information

    Web Hosting Information

    We provided web hosting now for almost 14 years with many clients still with us after all these years while our web hosting fees and prices are between two spectrums