Om geld te kry moet mens bemark maar mense doen dit verkeerd en eindig op met bemark sonder nuwe kliente wat geld inbring.
Om geld te kry moet mens bemark maar mense doen dit verkeerd en eindig op met bemark sonder nuwe kliente wat geld inbring.
Daar is tonne artikels, inligting, studiestukke en meer soos die link hieronder maar die werklikheid en toepassing daarvan sink nie regtig in nie of daar word so gefokus op die nuwe babatjie Bemarking dat die doel daarvan uit die oog verloor word.
https://www.cyberage.co.za/advertising/1838/buyer-psychology-of-purchase-decisions
Sou jy byvoorbeeld verkies om 10 000 mense te bereik met 5 wat klient word of om 100 mense te bereik waarvan 10 'n klient word?
Voor ek verder verduidelik dink bietjie hoe ironies dit is dat besigheidseienaars foefies, tricks en wat nog gebruik om kliente te kry maar as die rolle omgeruil is val hulle vir presies dieselfde foefies, tricks en dinge.
Die rede vir bogemelde is dat feitlik meeste van ons dalk logies, objektief en met ons koppe dink terwyl ons werk en die sielkundige aspekte soos met bogemelde artikel eers in werking tree as ons iets wil he of koop.
Die gevolg is dat ons bemarkingsmateriaal en sulke goed logies, objektief en met ons koppe skep en dan sit met bemarking sonder resultate want dit is grootliks die sielkundige aspek wat 'n voornemende klient in geld omskep.
Artikels soos hierdie, soos bo en wat se "dink soos 'n voornemende klient" is soos die klassieke "lees die handleiding" wat niemand eintlik doen nie maar daar is 'n massiewe verskil tussen die waarde van 'n selfoon handleiding en artikels en inligting wat jou sak direk, oor en oor en amper daagliks raak.
Geld is water in 'n bad
As geld water in 'n bad was wat nie vol word nie omdat die water drupgewys inkom EN daar 'n kraak is waardeur water verlore gaan, sal dit teveel moeite wees om hard te probeer om minstens die kraak toe te maak?
In die meeste gevalle het die water wat drupgewys inkom en die kraak dieselfde oorsaak en dit is omdat bemarkingsmateriaal nie uit die oogpunt van 'n moontlike klient opgestel is nie en dus omskakeling (conversion) meebring nie, en geld dus nie net drupgewys inkom nie maar ook verlore gaan weens tyd en geld spandeer aan nuttelose bemarking.
Selfs bemarking wat 1 000 000 mense bereik is nutteloos as dit nie eens een klient en dus geld inbring nie.
So om jou omskakeling en dus ook inkomste en resultate te verhoog gaan sit en spandeer soveel tyd as wat nodig is om elke stukkie bemarkingsmateriaal te ontleed uit 'n moontlike klient se oogpunt en met bogemelde artikel in gedagte en optimiseer en toets dit dan oor en oor om dit so naby as moontlik aan perfek te kry.
Al jou produkte, dienste en bemarking en trouens jou hele besigheid en alles hang af van jou vermoe om 'n voornemende klient te oortuig om sy/haar swaarverdiende geld aan JOU te gee en dit is dus in werklikheid die heel belangrikste ding in jou hele besigheid wat sekerlik soveel tyd en moeite as wat nodig is benodig.
Marketing Advice, Information and More