Waardevolle of waardelose bemarking

Een besigheid bou en bemark hulle EIE website en waarde daarvan terwyl die ander besigheid in werklikheid Facebook se website en waarde bou, afhanklik is van Faceboek en

Waardevolle of waardelose bemarking

Een besigheid bou en bemark hulle EIE website en waarde daarvan terwyl die ander besigheid in werklikheid Facebook se website en waarde bou, afhanklik is van Faceboek en te enige tyd baie of alles kan verloor.

'n Website is die spilpunt van jou aanlyn teenwoordigheid - Sosiale media is addisionele bemarking.

Wetlike besit van waardevolle data/inhoud

Data of inhoud (content) is goud werd en Facebook, Twitter, Google, YouTube en selfs die media reuse maak hulle biljoene deur die GRATIS CONTENT wat mense en besighede so gratis en vrywillig vir hulle GEE en hulle wetlik besit en beheer oor het.

So as een besigheid baie geld en tyd spandeer het om content te skep en op "gratis" sosiale media bemark, verloor hulle onmiddelik alles as sulke blote profiele gesluit word terwyl 'n besigheid wat dit op sy EIE besigheidswebsite sit, se aanlyn waarde bly toeneem met elke stukkie content wat opgesit word.

"Content is the currency of the internet and content is your online real estate" so een besigheid gee al hulle valuta vir ANDER besighede om HULLE beursies stywer en aanlyn eiendom beter te maak, terwyl ander besigheid hulle eie beursie en aanlyn eiendom bou met meer en meer waardevolle valuta oftewel content.

Oorhoofse beheer en doelstellings

Dit is vanselfsprekend dat 'n besigheid volle beheer oor hulle eie website en content het en alles 100% volgens hulle eie behoefte kan opstel en te enige tyd kan verander na gelang van omstandighede.

Daarteenoor is sosiale platvorms se uitsluitlike doelwit om geld daaruit te maak en is deurlopend besig om nuwe funksies daarvolgens te skep of dinge te verander selfs al is dit katastrofies vir jou en hoeveel ander besighede.

Nie so lank terug nie was daar tientalle programme wat baie geld gekos het, waarmee derduisende besighede OUTOMATIES op Faceboek groepe kon pos en dus hulle hele bemarking outomatiseer maar Faceboek het daardie "skuiwergat" toegestop en tans word al hoe meer "besigheidsads" op Faceboek onderdruk of verwerp.

Dit is geen wonder nie want sal JY toelaat dat enigiemand tonne advertensies verniet op JOU website plaas as jou doelstelling eintlik is om INKOMSTE TE VERDIEN uit advertensies?

Natuurlik nie en besighede gaan al hoe meer ondervind dat dit al hoe moeiliker en problematies word om op die gratis bemarking perdjie te ry want die hele doel van enige sosiale netwerk is gratis GEWONE content en geld verdien uit BETAALDE advertensies, nie gratis bemarking aanbied nie. (Die algoritmes en stelsels raak al hoe beter om die "kaf van die koring" te onderskei en sorry, maar egte content is die koring en besigheidsads en bemarking is die kaf vanuit Faceboek se oogpunt)

Internet vs sosiale media

'n Website soos Facebook is maar net EEN website van die miljoene websites waaruit die internet (www = World Wide web) bestaan en een voeltjie maak beslis nie die somer nie en ondanks Faceboek se gewildheid is daar ontelbare websites wat ver meer gewild is as Faceboek vir baie verskillende dinge.

Google is byvoorbeeld 'n huishoudelike naam en die nr 1 WEBSITE waar mense begin om JOU besigheid se website te probeer soek want dit is per slot van sake 'n soekenjine en nie eintlike kletswebsite soos Faceboek nie en besighede sonder 'n website gee dus al daardie moontlike kliente op 'n skikbord aan die kompetisie met 'n website. (en daar is dosyne soek engines)

Mybroadband.co.za is een die grootste websites in Suid Afrika besoekers gewys en as jy werklike NUUS soek gaan jy tog na 'n nuus website toe, of na 'n bank, of ander besigheidswebsite vir toepaslike dinge en selfs met nogal baie Faceboek besigheidspages eindig jy tog maar op by die besigheid se website.

Ironies eintlik want in werklikheid is Faceboek SELF niks anders as 'n blote website nie. Wel een waarop mense kan pos ja, maar tog een website wat deur een maatskappy besit word en mense lustig en gratis help bou met content.

(Besef jy dat JY dit ook kan doen, 'n website skep op so 'n manier dat ander mense die website lustig en gratis help bou met content?)

Geleenthede op internet vs sosiale media

Soos reeds gese is die DOEL van 'n WEBSITE soos Faceboek om geld vir die eienaars te verdien en alle funksies en watookal draai daarom.

Daarteen met 'n website is daar letterlik honderde ANDER maniere, dinge en geleenthede om JOU besigheid te bemark en te bou en dit is tog die doel van enige besigheid of hoe?

Baie daarvan is ook sodanig dat dit 100% op JOU besigheid en bemarking daarvan draai en nie afskeep, hier is vir jou 'n suigstokkie, bemarking is soos op Faceboek nie maar daar is so baie dat ek nie eens 'n paar gaan lys nie.

Kul jou hier, kul jou daar en siedaar

Met ons stelsel kan daar op 1200+ groepe met 20 miljoen lede gepos word, WOW dit is nou vrek baie neh? Wel, Yes right, tensy jy verstaan hoe die Faceboek stelsel eintlik werk en besef hoe nutteloos dit regtig is.

Faceboek se algoritme is opgestel om rondom VRIENDE se content te draai, die met wie jy meer dikwels betrokke is eerste en dan ander dinge soos groepe waaraan jy behoort en weereens die groepe waar jy meeste betrokke is eerste, en as daar nog plek op jou muur is na die tonne beskikbare pos hierbo, dan dalk eers iets anders maar die kans is maar klein daarvoor.

Op groepe word daar derduisende pos daagliks geplaas en weereens op dieselfde basis eerste van vriende en mense met wie jy al voorheen kommentaar uitgeruil het so dit is maar 'n bitter baie klein persentasie lede wat pos van 'n vreemde plek sien.

Vertroue versus wantroue

'n Besigheid met 'n website kan op nogal heelwat maniere nagespoor word want daar word betaal vir sodanige besigheid terwyl dit ook wys dat sodanige eienaar genoeg vertroue in sy / haar eie besigheid het om in 'n eie domain en website te bele.

Daarteen maak skelms amper uitsluitlik gebruik van gratis dinge soos @gmail en Faceboek pages en omdat dit gratis is sonder enige kontrole kan hulle letterlik dosyne valse email adresse, profiele en pages skep.

Toegegee dat daar wel baie besighede is wat "regkom" met net @gmail en 'n Faceboek page maar kan so 'n besigheid ooit weet hoeveel moontlike kliente hulle al verloor het en in toekoms sal verloor daardeur?

Moenie harder werk nie, werk slimmer

Bogemelde geld veral vir bemarking wat eintlik die belangrikste aktiewiteit is vir enige besigheid en die grootste direkte invloed het op 'n besigheid se inkomste.

So as twee besighede dieselfde hoeveelheid tyd en geld spandeer aan bemarking maar een op hulle EIE website fokus met die gepaardgaande baie ekstra voordele en die ander besigheid op 'n ander besigheid se website fokus, dan is die eerste besigheid 90% beter daaraan toe as die tweede een wat sy hele besigheid en bemarking op sand bou.

Onthou dat niks besigheid een keer om OOK van Faceboek en enige ander sosiale media of geleentheid gebruik te maak nie en sy eie website bou met content en met blote druk van knoppie OOK op Faceboek share so 'n besigheid met 'n website is in baie opsigte baie beter daaraan toe as een sonder 'n website.


Marketing Advice, Information and More

  • Educating Your Customers

    Educating Your Customers

    Do you think educating the customers about your products would really serve any purpose? How do you think educating your customers, about your products, would streamline your

  • Internet Marketing And Spam

    Internet Marketing And Spam

    Savvy business owners who take advantage of Internet marketing realize there is a fine line between marketing and spam and orchestrate their marketing campaigns to gain

  • Web Hosting Information

    Web Hosting Information

    We provided web hosting now for almost 14 years with many clients still with us after all these years while our web hosting fees and prices are between two spectrums