Die Faceboek-algoritme beheer die aanbieding en orde van plasings sodat mense pos sien wat die toepaslikste vir hulle is. . Die Faceboek-algoritme is ontwerp om
Die Faceboek-algoritme beheer die aanbieding en orde van plasings sodat mense pos sien wat die toepaslikste vir hulle is.
Die Faceboek-algoritme is ontwerp om inhoud rondom individue se vriende en familielede te sentreer, eerder as om spam van besighede te prioritiseer.
Dit kan vir maatskappye moeilik wees, maar dit behoort nie Faceboek se belangrikheid vir jou sosiale media-bemarkingstrategie te verminder nie.
As deel van die nuwe algoritme se doel om meer outentieke interaksies te bevorder sal jou besigheid goeie gehalte inhoud moet skep om interaksie aan te moedig.
Inkorporeer video-inhoud so gou moontlik
Faceboek self se dat videos hoër betrokkenheid en interaksies van gebruikers lok in vergelyke met enige ander tipe inhoud op die platform.
Dit is ideaal vir die begin van gesprekke en hou jou aanhangers sw aandag op die bladsy en bemarkers kan dit maklik inkorporeer en jy hoef nie noodwendig kommersiële inhoud met groot begroting te skep nie.
Die platform verkies ook dat besighede Faceboek Live gebruik om goeie video inhoud vir hul gehore te skep.
Of dit nou 'n gewone artikel of 'n handleiding is, lewendige video verteenwoordig 'n kragtige medium vir bemarking op Faceboek.
Oorweeg ook eenvoudige video's geskep uit Faceboek se eie Boomerang-program en kan binne enkele sekondes geskep word.
In hierdie geval gaan dit nie oor omseil van die Faceboek-algoritme nie, maar die platform presies gee wat dit wil he, organiese poste wat gesprekvoering dryf en gebruikers se aandag hou.
Met soveel opsies beskikbaar en Faceboek self wat meer visuele inhoud soek, is die skep van meer videos 'n no-brainer.
Wanneer twyfel, begin 'n bespreking
As deel van die mees onlangse Faceboek-algoritme-opdatering, straf die platform nou bemarkers wat beskou word posters van spam.
Faceboek het byvoorbeeld uitdruklik begin om pos wat as aas beskou word te blok soos bv pos wat direk vra om kommentaar soos Los jou epos adres, lewer kommentaar met jou website url en so aan.
Alhoewel daar nog 'n tyd en plek vir hierdie tipe poste mag wees moet besighede poog om gesprekke te begin met kliënte sonder om skaamte te wees daaroor. Faceboek wil hê ons moet inhoud skep wat gesprekke voer so wat ons nodig het is om dit te laat gebeur.
Om vrae in poste te gebruik, is 'n slim manier om kommentaar aan te moedig sonder om te smeek.
Besighede moet ook probeer om inhoud te plaas waaroor gedebatteer kan word. Kontroversiële inhoud kan dit doen maar besighede moet liggies trap om nie die risiko te loop om hul gehoor te beledig of te vervreem nie.
Hoe meer jy mense kan laat praat, hoe meer waarskynlik is die Faceboek-algoritme in jou guns.
Aktiveer jou besigheid se beste bemarkers
Die sleutel tot die omseil van die Faceboek-algoritme is onder jou neus sedert die dag waarop jy begin bemark het tog sien so baie besighede dit nie - hul werknemers.
Werknemer voorspraak was nog nooit meer relevant as wat dit vandag is nie en aangesien Faceboek prioriteit gee aan inhoud van vriende en familie is die ideale geleentheid om 'n werknemer voorspraak program te begin.
Jou Faceboek-bladsy se bereik is reeds ietwat beperk deur die aantal aanhangers / volgelinge wat jy het en met die nuwe veranderings aan die algoritme, sal die aantal mense wat jou inhoud sien, nog meer verminder word.
Om jou span aan te moedig om besigheidsinhoud op Faceboek te deel, versterk die besigheidsbereik onmiddellik.
Nie net dit nie, maar aangesien die pos van vriende en familie kom in plaas van jou besigheid, sal mense 16 keer meer geneig wees om dit te lees.
Minder skakels, meer foto's en tags
Konvensionele wysheid vertel ons dat Faceboek verkies dat content op HULLE platform geplaas word teenoor uitwaartse skakels na buite websites.
Trouens, Faceboek se praktyk om buite skakels te blok en hul eie interne inhoud te verkies is goed gedokumenteer.
Jy gaan seker nie heeltemal van almal se radar verdwyn deur buite links te pos nie maar om sarsie na sarsie buite links te pos gaan jou nie juis enige simpatie verdien van Faceboek se algoritme nie.
Byvoorbeeld, visuele inhoud gaan hand in hand met Faceboek se beste praktyke om 87% meer betrokkenheid te verkry en dis hoekom elke pos gepaard moet gaan met 'n tipe visuele aantrekkingskrag by soos 'n prent of video MAAR Faceboek hou nie daarvan dat DIT op ANDER websites is nie en verkies dat die prente en videos op HULLE platform moet wees
Weereens, jou eindspel is om aan te moedig en blote skakels skree nie eintlik "kyk na my nie," of hoe?
Maak elke pos uniek
Aangesien besighede gereeld op Faceboek pos is dit algemeen dat besighede hul idees raak oor inhoud
Dit lei uiteindelik tot besighede wat hulself herhaal deur dieselfde stukke oor en oor te plaas om soveel kilometers uit hul inhoud te kry as moontlik.
Om mee te begin kan besigheide dit oorweeg om ander prente of videos vir sulke pos te gebruik sonder om oorspronklike pos te verander
'n Ander strategie vir die hergebruik van ouer stukke is die herbewoording van inhoud soos om dit in 'n vraag tipe pos te omskep.
Daar is ook baie Faceboek gereedskap wat jou kan help om jou inhoud te herskep in iets heeltemal nuut met min moeite.
Beperk jou gehoor
Die voordeel van Faceboek is die vermoë om op jou gehoor te beperk.
As jy 'n wydverspreide gehoor het, oorweeg dit om jou teikenmark te beperk deur geografie.
Alhoewel dit jou bereik aanvanklik kan beperk, kan dit jou betrokkenheid verhoog as gevolg hiervan so dink daaraan om die relevansie vir spesifieke aanhangers te verfyn.
Die beperking van die gehoor aan slegs spesifieke gebruikers beteken dat jy die pos aan diegene wat die meeste daarop sal reageer en dit verhoog die waarskynlikheid van hoër betrokkenheid by daardie poste.
Tydsverekening van jou pos
Die Faceboek-algoritme prioritiseer poste wat betrokkenheid verhoog en daarom is die tydsberekening van jou plasings so belangrik.
Om die betrokkenheid te maksimeer, moet besighede poog om te bly by 'n inhoudskalender wat opgestel is volgens die beste tye om op sosiale media te pos.
Enigiets wat jy kan doen om jou kanse om meer kliente te kry is immers 'n pluspunt.
Speel die "Pay to Advertise" spel
Terwyl besighede beslis moet fokus op die verbetering van hul inhoud en organiese bereik kan die krag van Faceboek-advertensies nie ontken word nie.
Data toon dat Faceboek-advertensies 'n oorweldigende positiewe ROI lewer van 93% met die bemarkers wat dit gebruik.
Baie meer verfynde teikenmarkte gekombineer met heelwat kreatiewe opsies bied Faceboek-advertensies bemarkers baie meer vryheid in teenstelling met enige ander advertensieplatform.
Deur jou organiese inhoudspogings met Faceboek-advertensies te koppel, kan jy die beste van albei wêrelde benut.
Kontak Frank gerus op Whatsapp 081 459 9255 om te gesels oor bogemelde idees.
Marketing Advice, Information and More