Eskom se beurkrag is hier vir 'n lang tyd so hoekom nie dit in 'n positiewe geleentheid omskep vir jou besigheid nie?. As jou personeel sit en vingers tel
Eskom se beurkrag is hier vir 'n lang tyd so hoekom nie dit in 'n positiewe geleentheid omskep vir jou besigheid nie?
As jou personeel sit en vingers tel gedurende bulshitting en daarvoor betaal word kan hierdie idees die besigheid en hulle dalk sommer baie baat.
Laat personeel help om besigheid te bemark
Aangesien selfone darem redelike tyd kan aanbly kan die vingers eerder gebruik word om die besigheid op sosiale media te bemark en op die koop toe maklik 16 x meer effektief wees as wanneer die besigheid dit self doen.
Faceboek se algoritme prioritiseer pos van familie en vriende bo besigheids ads en verkies ook inhoud bo advertensies terwyl persoonlike verwysings nog altyd die beste is en om dit te benut maak dus sin. (Meer inligting)
ONS kliente kan trouens selfs ons hele bemarkings groep en stelsel gebruik om die besigheid te bemark op verskeie manier maar hier is nie juis plek vir om dit te verduidelik nie.
Laat personeel help om content te skep
Content is in werklikheid die waardevolste ding op die internet en word eintlik beskou as die valuta van die internet tog gee besighede en mense geweldig baie content gratis aan sosiale netwerke en die media wat presies dit gebruik om biljoene mee te verdien.
'n Besigheidswebsite se bemarking en waarde kan dag na dag vermeerder word deur nuttige, leersame, interesante en waardevolle content op te sit en personeel kan help oms sulke content te skep of te vind wat gebruik kan word ter bemarking van die besigheid. (Meer inligting)
Laat personeel help bou aan besigheidswebsite
Van ander en selfs websites wat derduisende gekos het weet ek nie maar minstens ons R845 websites word ontwerp met baie ekstra funksies en een daarvan wat ek nou gaan bysit is om dit moontlik vir personeel te maak om hulle eie "blad" te kry parralel met die besigheidswebsite waar personeel na hartelus hulle eie content kan opsit en terselfdertyd outomaties die besigheid help bemark.
Eintlik kan besighede wat reeds 'n eie website het ook 'n addisionele website skep vir bemarkingsdoeleindes en so 'n website is in baie gevalle selfs meer effektief as 'n besigheidswebsite self.(Meer inligting)
Dalk net 'n powerbank vir elkeen kry
Die enigste probleem is dat die skryf van content nie so maklik en gerieflik is met 'n selfoon nie maar dit kan geskryf word wanneer krag wel aan is en dan net bemark word as krag af is.
Selfone hou dalk ook lank genoeg gedurende beurtkrag nie maar 'n powerbank is nie juis so duur nie en kan gebruik word om selfone gelaai te hou en indien dit as geskenk dien, sommer ook as addisionele motivering. (Soos die een)
Laat personeel hulle eie inkomste verdien
Gemotiveerde mense doen soveel meer en om hulle eie ekstra inkomste te verdien is uitstekend daarvoor terwyl hulle in werklikheid sommer ook leer hoe om bemarking meer doeltreffend te kan doen met die "learn and earn" geleentheid.
As dit reg opgestel word kan dit OOK benut word om addisionele bemarking vir die besigheid te kry en aangesien dit 'n direkte ekstra inkomste kan inbring sal baie personeel daardie ekstra myl loop en doen.(Meer inligting)
Laat personeel kreatiewe bydraes lewer
Beurtkrag is ook die ideale geleentheid om koppe bymekaar te sit om met kreatiewe en innoverende idees vorendag te kom om baie verskillende dinge beter te maak vir beide besigheid en personeel.
Ek het hierdie maar binne die bestek van 'n uur of so "uitgedink" so hoeveel meer kan verskeie mense saam nie uitdink oor baie langer tydperke en in 'n motiverende atmosfeer nie?
Ondanks al die babbel is daar egter net een ding wat werklik saakmaak, die DOEN want selfs die Bybel se geloof sonder die daad is nutteloos.
As hierdie inligting nuttig is maar weens omstandighede nie gebruik kan word nie doen my asseblief 'n guns en share dit minstens asseblief?
Marketing Advice, Information and More